Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n oondvaste swaarboompot en braai die worsies en spek daarin tot gaar. Voeg die ui, preie en knoffel by en braai tot sag.
Voeg die murgpampoentjies by en braai tot gaar. Voeg die wyn, tamaties, aftreksel, tiemie, pietersielie en bone by en verhit tot kookpunt. Prut vir 3-5 minute en sit die bak in die oond. Bak vir ongeveer 20-30 minute tot die sous geurig en verdik is. Sit voor met koeskoes, rys of kapokaartappels en slaai.
Lewer 4 porsies