Ek maak enigiets van slaai tot sop en pesto met roket. Die vars, peperige smaak werk goed saam met baie ander smake.
In hierdie slaai, ’n effense variasie van die Griekse slaai, gebruik ek die blare vars, maar maak ook ’n vinnige pesto-styl slaaisous daarmee. Sorg dat jy bloedrooi, ryp tamaties en olywe van goeie gehalte gebruik – dit maak ’n reuseverskil.
- 6 bloedrooi, ryp tamaties, in wiggies gesny