AFGRI
BEAN
06 Des
-
7565
64,00
CORN
06 Des
-
3727
20,00
SOYA
06 Des
-
7565
65,00
SUNS
06 Des
-
10785
67,00
WEAT
06 Des
-
6310
-35,00
WMAZ
06 Des
-
3523,8
20,80
YMAZ
06 Des
-
3762
23,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Romerige Kassler- en-aartappelpotjie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hier is ’n voorsmakie van een van die lekker, ligter someretes in die nuwe uitgawe van Landbou Boerekos wat van 5 November af te koop is.

- 45 ml olie

- 2 groot uie, gekap

- 4 knoffelhuisies, gekap

- 1 kg kassler-tjops, in blokkies gesny

- 500 ml kookwater

- 1 kg baba-aartappels

- 45 ml elk sojasous en heuning

- 7 ml gerookte paprika

- 30 ml elk worcestersous en balsamiese asyn

- 4 wortels, geskraap en grofgesny

- 300 g jong groenbone, grofgekap

- 5-10 ml mielieblom

- 125 ml room

- Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

- Gekapte, vars pietersielie na smaak

Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol (of nr. 3-pot as jy dit oor die kole gaarmaak) en braai die uie, knoffel en blokkies kassler-tjops daarin tot die uie gaar is.

Voeg die water by en laat kook vir 15 minute voor jy die aartappels byvoeg.

Meng die sojasous, heuning, paprika, worcestersous en balsamiese asyn goed saam en voeg dit by die potjie.

Roer liggies, bedek en prut stadig (of oor ligte kole) vir ongeveer 20 minute.

Voeg die wortels en groenbone by, bedek weer en prut vir 10-15 minute. Teen hierdie tyd behoort die vleis en groente lekker sag te wees.

Meng die mielieblom met die room, voeg dit by die potjie en verhoog die hitte (of krap ’n paar kole onder die potjie in) om die sous vinnig te laat kook. Prut tot die sous effens verdik is.

Geur met sout en peper en sprinkel pietersielie oor. Sit voor op rys.

Lewer 6 porsies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.01
+0.4%
Rand - Pond
21.22
+0.2%
Rand - Euro
18.07
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.24
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Goud
1,780.92
-0.2%
Silwer
22.38
-0.8%
Palladium
1,792.39
-1.3%
Platinum
937.10
+0.1%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,464
+0.2%
Alle aandele
70,980
+0.2%
Hulpbronne 10
66,827
+0.5%
Industriële 25
93,787
0.0%
Finansiële 15
14,025
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Oujongkerel wat hou van aktief wees
Ek hou van aktiewe dinge in die buitelig en om Suid Afrika te verken. Het al genoeg lande besoek om te weet SA is een van die beste plekke om te wees , ondanks vele uitdagings....
Die eem agter jou glimlag
Ek is n spontane mens Hou van nuwe vriende em beslis die persoon wat n glimlag op jou gesig sal sit Mal oor buitelewe en mense. Soek vriende om saam die dinge wat lekker is in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot