
250 ml sago
1 liter melk
1 kaneelstok
3 kardemompeule
Halwe vanieljepeul
160 ml suiker
60 ml botter
3 eiergele
60 ml fyn appelkooskonfyt
Karamelpere
3-4 groot pere, in dun skywe of blokkies gesny
60 g botter
160 ml ligbruinsuiker
Skeut brandewyn
Skeut lemoensap
Meringue
6 eierwitte
100 ml suiker
Voorverhit die oond tot 160 °C. Verhit die sago, melk, kaneelstok, kardemompeule en vanieljepeul (uitgeskraapte saadjies en peul) tot kookpunt. Prut tot die sago heeltemal deurskynend is. Voeg die suiker en botter by en roer goed. Haal die kastrol van die stoof af en skep die kaneelstok, kardemompeule en vanieljepeul uit. Klop die eiergele by en giet in ’n oondvaste glasbak en hou eenkant. Braai die pere in die botter tot goudbruin. Sprinkel die suiker, brandewyn en lemoensap oor en verhit terwyl geroer word, tot die sous begin borrel. Prut tot ’n karamelsous vorm. Skep die karamelpere oor die sago. Klits die eierwitte tot stywe punte en voeg die suiker lepel vir lepel by. Skep die meringue bo-op en bak vir 30 minute tot goudbruin. Laat staan vir minstens 15 minute en sit warm of koud voor met vla. Lewer agt porsies.