
200 g donker- of melksjokolade
400 ml room (verkoel 200 ml daarvan tot yskoud)
30 ml vuurwarm espresso of baie sterk koffie
60 ml heuning
Kap die sjokolade fyn. Verhit 200 ml van die room tot net onder kookpunt. Giet dit oor die gekapte sjokolade en voeg ook die espresso of sterk koffie by. Roer tot glad.
Verhit die heuning in ’n aparte pannetjie of klein kastrol tot kookpunt. Laat prut tot dit ’n donkerder kleur het (maar nie brand nie) en voeg dit by die sjokolademengsel. Laat die sjokolademengsel afkoel tot dit begin verdik.
Klits nou die orige 200 ml room styf en vou dit versigtig by die sjokolademengsel in. Giet die mousse in mooi bakkies of glase en verkoel tot benodig.
Rond af met ’n ekstra skeppie geklopte room en sif kakao oor, indien verkies.
Lewer ongeveer 500 ml mousse