
180 g sjokolade, fyngekap
2 ekstragroot eierwitte, teen kamertemperatuur
1 ml kremetart
3 ml vanieljegeursel
’n Knippie sout
60 ml strooisuiker
Voorverhit die oond tot 150 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit. Bespuit liggies met kleefwerende kossproei. Smelt die sjokolade oor lae hitte tot glad. Hou eenkant.
Klits die eierwitte, kremetart, vanieljegeursel en sout in ’n groot, skoon bak tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by, terwyl jy aanhoudend klits, tot die mengsel stywe punte vorm en dik en blinkwit is.
Giet die warm, gesmelte sjokolade in ’n dun straaltjie by die meringue, terwyl jy die mengsel stadig klits. Skep lepels vol van die mengsel op die voorbereide bakplate (of gebruik ’n spuitsak met ’n sterpunt en spuit die beslag in sirkels).
Bak die koekies vir 10-12 minute tot die bokante droog voel, maar die binnekante nog sag is. Skakel die oond af en laat die koekies in die oond afkoel tot dit kamertemperatuur bereik het.
Bêre in ’n lugdigte houer en eet binne ’n week. Jy kan die koekies ook met gesmelte sjokolade versier, indien verkies.
Lewer 10-12 koekies