
1,3 liter melk
125 ml vlapoeier
125 ml mielieblom
45 ml kakao
1 blik (385 g) kondensmelk
10 ml vanieljegeursel
2 ekstragroot eiers, geklits
2 -3 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
Verhit 1 liter (4 koppies) van die melk tot kookpunt. Meng die vlapoeier, mielieblom en kakao met die res van die melk en die kondensmelk tot glad. Voeg by die warm melk in die kastrol en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt.
Prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Voeg die vanieljegeursel en geklitste eier by en meng goed. Rangskik ’n laag Tennis-beskuitjies op die boom van ’n tertbak van ongeveer 35 cm x 20 cm.
Skep ’n dun lagie van die sjokoladevla oor en smeer gelyk. Rangskik nog ’n laag beskuitjies bo-op en volg op met nog ’n laag vla. Herhaal die lae en eindig met ’n laag sjokoladevla. Krummel die orige beskuitjies oor en verkoel oornag.
Lewer 1 groot tert.