
Kors
- 1 pak (200 g) sjokoladekoekies, fyn gedruk
- 100 ml gesmelte botter
Vulsel
- 500 ml melk
- 90 ml vlapoeier
- 15 ml kakao
- 1/2 blik (ongeveer 160 ml) kondensmelk
- 5 ml vanieljegeursel
- 1 eier, geklits
Meng die koekiekrummels met die gesmelte botter en druk dit op die boom en teen die kante van ’n losboomtertpan van 20 cm vas. Verkoel tot benodig. Verhit 250 ml van die melk tot net onder kookpunt. Terwyl die melk warm word, meng die orige 250 ml melk met die vlapoeier, kakao en kondensmelk tot glad.
Voeg die warm melk hierby, roer goed en giet alles terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt oor matige hitte en prut vir 2-3 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en voeg die vanieljegeursel en geklitste eier by. Klits goed deur en giet die vla in die voorbereide kors. Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot benodig. Versier die tert bo-op met versiering van jou keuse.
Lewer 8-10 porsies
Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke 'n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.