
- 30 ml olie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 30 ml tamatiepasta
- 45 ml suurlemoensap
- Sout en swartpeper na smaak
- 10 ml gekapte, vars roosmaryn
- 60 ml bruinsuiker
- 375 ml vleisaftreksel
- 45 ml worcestersous
- 10 ml heelkorrelmosterd
- Water, indien nodig
- 4 groot stowewildstjops
Voorverhit die oond tot 180 °C Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt en prut vir 15 minute.
Pak die tjops in ’n enkellaag in ’n bak en giet die soetsuur sous oor die tjops. Bedek met foelie. Bak die tjops vir 60-90 minute, haal die foelie af en bak vir nog 30 minute tot sag en gaar. Sit voor met aartappels, rys of koeskoes en groente of slaai.
Lewer 6 porsies.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.