
8 hoenderporsies (boudjies en dye)
Sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml olie
3 middelslagpatats, in skywe gesny
125 ml druiweasyn
80 ml soet rissiesous
45 ml sojasous
3 ml komyn
Sap en fyn gerasperde skil van 1 lemoen
45 ml bruinsuiker of heuning
Vars tiemie, om oor te strooi
Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoenderporsies daarin tot bruin alkante. Skep uit in ’n oondbak. Rangskik die patatskywe tussen die hoender en geur weer liggies met sout en peper.
Meng die asyn, rissiesous, sojasous, komyn, lemoensap en -skil en bruinsuiker (of heuning) goed en skep dit egalig oor die hoender. Bedek die bak met foelie en bak vir 40 minute. Verwyder die foelie, skep van die sous oor die hoender en patats en bak oop vir nog 20-30 minute tot die hoender en patats baie sag en die hoender se vel bros en gekaramelliseer is.
Lewer 6-8 porsies.