
500 g varknek of -filet
Sout en varsgemaalde swartpeper
2 eiers, geklits
180 ml mielieblom
Olie, vir braai 4 grasuie, gesnipper
5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in dun skyfies gesny
2 groot knoffelhuisies, geskil en in dun skyfies gesny
2 groen jalapeñorissies, in fyn skyfies gesny
Halwe vars pynappel, skoongemaak en in stukkies gesny Soetsuur sous 30 ml tamatiesous 15 ml heuning 30 ml elk sojasous, water en sjerrie 5 ml mielieblom Sny die varkvleis in hapgrootte blokkies. Geur goed met sout en peper.
Verhit 1 cm olie in ’n groot pan. Doop elke blokkie varkvleis in eier en rol dan in mielieblom. Braai die blokkies varkvleis in sarsies in die warm olie tot goudbruin, bros en deurgaar. Skep uit en hou eenkant.
Sodra ál die varkvleis gebraai is, vee die pan met kombuispapier uit en verhit weer ’n klein bietjie olie daarin. Braai die grasuie, gemmer, knoffel en rissies tot geurig. Voeg die pynappelstukkies by en braai vir ongeveer ’n minuut. Meng die bestanddele vir die soetsuur sous saam.
Skep die bros varkvleisblokkies terug in die pan saam met die pynappel en ander bestanddele en skep die soetsuur sous oor. Roerbraai totdat elke happie vleis met die sous bedek is en die sous borrel en verdik. Geur na smaak met sout en peper.
Sit voor op rys of noedels. Rond af met ekstra brandrissie, skyfies gemmer of vars koljanderblare.
Lewer 4 porsies