
1 beenlose, gerookte soutvarkboud van ongeveer 1,8 kg
1 liter appelsap
1 ui, in kwarte gesny
2 elk kaneelstokke, knoffelhuisies en wonderpeperkorrels
Duimgrootte stuk vars gemmer, in skyfies gesny
Water
Pekanneutbolaag
30 ml botter
60 ml bruinsuiker
60 ml bruinasyn
5 ml fyngerasperde, vars gemmer
Knippie fyn gemmer
15 ml sojasous
1 pakkie (100 g) pekanneute, grof gekap
Sit die soutvarkboud in ’n kastrol en voeg die appelsap, ui, kaneelstokke, knoffelhuisies, wonderpeperkorrels en vars gemmer by. Voeg genoeg water by om die vleis heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, draai die plaat se hitte laag en prut vir 30 minute per 500 g vleis (ongeveer1.uur vir ’n varkboud van 1,8 kg).
Verwyder die kastrol van die hitte en laat die boud in die aftreksel afkoel tot die vloeistof koud genoeg is dat jy die vleis met jou hande kan uithaal. Verwyder die vleis uit die aftreksel en trek die vel versigtig af sodat daar nog ’n taamlike vetlagie op die boud oorbly. Voorverhit die oond tot 200 °C.
Verhit die botter en suiker in ’n pan tot die suiker gesmelt gesmelt is. Prut vir ’n paar sekondes en voeg die res van die bestanddele by. Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik en glansend. Skep die pekanneutmengsel op die vleis en oondrooster vir ongeveer 15 minute tot die bolaag goudbruin en gekaramelliseerd is. Sny die vleis in skywe en sit warm voor. Lewer 8 porsies.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.