Jy kan hierdie resep met ’n heel beesskenkel maak (soos op die foto), of vir jou slagter vra om die skenkel vir jou in skywe te saag. Skywe vleis sal vinnig gaar word.
Ek hou daarvan om die heel skenkel gaar te maak tot dit so sag is dat die vleis van die been afval en om die vleis dan met twee vurke te pluis. Skenkelvleis is heerlik geurig en maak die lekkerste ragout om oor polenta of pasta te geniet.
- 4 groot uie, gehalveer en dungesny