
Rond dit net voor ete af met ’n skeut vars suurlemoensap en sit dit voor met blokkies ryp avokado en ’n skep suurroom. Heerlik!
- 3 rooi uie, grof gekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- Olyfolie
- 2 kg steak van jou keuse, in blokkies gesny
- Sout, vars gemaalde swartpeper en heuning na smaak
- 7 ml komyn
- 7 ml gerookte paprika
- 1 blik (410 g) tamatiepuree
- 125 ml sjerrie
- Tamatieblik vol water
- 2 blikke (440 g elk) rooi nierbone, gedreineer
- Gekapte, vars pietersielie na smaak
- 3 avokado’s, in blokkies gesny en met suurlemoensap besprinkel
- 125 ml suurroom
Braai die uie en knoffel in die olyf- olie tot sag. Voeg die steakblokkies (gegeur met sout en peper), komyn en paprika by en braai bruin. Voeg die tamatiepuree by. Spoel die tamatieblik met sjerrie uit en voeg dit ook by. Maak die blik vol water en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en prut tot die vleis lekker sag is.
Roer die nierbone by, proe vir geur en voeg sout, peper en ’n bietjie heuning by om die geurbalans reg te kry. Kook die bredie deur tot die sous lekker dik is. Sit voor op rys of koeskoes met ’n skeppie avokadoblokkies bo-op en ’n lepel suurroom deurgeroer.
Lewer 6 porsies