
Op hierdie manier rek jy vleis, want jy het nie ’n hele steak per persoon nodig nie; ’n paar repies vleis per persoon is genoeg saam met die vullende groente.
¦ 45 ml olyfolie
¦ 2 rooi uie, in wiggies gesny
¦ 3 knoffelhuisies
¦ 2 eiervrugte, in blokkies gesny
¦ 4 groot wortels, geskraap en in stukkies gesny
¦ 5 ml komyn
¦ 5 ml koljander
¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
¦ 125 g sampioene, gehalveer
¦ 1 blik (420 g) keker-ertjies, gedreineer
¦ Vars suurlemoensap en ekstra olyfolie, om oor te drup
¦ 500 g steak van jou keuse
¦ Vars koljanderblare, om af te rond
Giet die olie in ’n oondbak en sit dit in die oond. Verhit die oond tot 200°C en laat die olie in die oond warm word. Haal die bak versigtig uit die oond en sit die uie, knoffel, eiervrug en wortels in die warm olie. Sprinkel die komyn, koljander, sout en peper oor en roer dit liggies. Sit die bak terug in die oond en oondrooster vir ongeveer 15-25 minute, of tot die groente gaar en goudbruin is (die roostertyd sal wissel na gelang van die grootte van die stukke groente).
Voeg die sampioene en kekerertjies by, meng deur en sit die oondbak terug in die oond vir vyf minute. Braai die steak oor die kole of in ’n riffelpan tot lig- of mediumgaar, bedek en laat rus vir ’n paar minute. Bedruip die warm slaai liggies met suurlemoensap en olyfolie. Sny die steak in dun repies en sit ’n paar repies steak op elke porsie groente. Rond af met vars koljanderblare en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.