
¦ 2 kg steak van jou keuse Olyfolie-marinade
¦ 1 groot ui, baie fyn gekap
¦ 125 ml olyfolie
¦ 4 knoffelhuisies, fyn gekap
¦ 125 ml vars suurlemoensap
¦ 40 ml sojasous
¦ 10 ml aangemaakte mosterd
¦ 5 ml vars gemaalde swartpeper
Sny die steak in hapgrootte blokkies en pak in ’n nie-metaalbak.
Braai die uie oor matige hitte in die olie tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir ’n minuut.
Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Roer nou die suurlemoensap, sojasous, mosterd en swartpeper by. Laat die marinade goed afkoel en giet oor die vleis. Bedek en verkoel vir minstens 3 uur (verkieslik oornag). Ryg die vleis op sosatiestokkies en laat dit kamertemperatuur bereik voor jy dit vinnig oor baie warm kole braai tot liggaar. Laat rus vir 5 minute.
Sit voor met skyfies, slaai en ’n lekker sous.
Lewer 8 porsies.