Sit die knoffel, ui, gemmer, brandrissie, lemmetjieskil en -sap, komyn, koljanderblare en vissous in ’n stamper en vysel en stamp dit saam tot ’n pasta vorm. Hou eenkant. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui daarin tot sag. Voeg die kasjoeneute by en braai tot bruin.
Voeg die kerriepasta wat jy eerste gemaak het by en braai vir 2-3 minute, tot geurig. Voeg die klapperroom en water by en verhit tot kookpunt. Geur die sous met sout, peper en ’n paar druppels heuning. Prut die sous vir ongeveer 5 minute en voeg dan die hoender by. Bedek en prut vir 10-12 minute. Roer deur en voeg die steurgarnale by. Bedek weer en prut vir 5 minute, tot net-net gaar.
Proe vir geur en voeg ’n paar druppels vissous of sojasous by indien nodig. Rond af met ’n paar stukkies fyngekapte, vars brandrissie, koljanderblare en geroosterde kasjoeneute. Sit voor op gestoomde rys.