
Beslag
¦ 250 ml witsuiker
¦ 60 ml botter
¦ 2 eiers
¦ 60 ml melk
¦ 250 ml koekmeel
¦ 5 ml bakpoeier
¦ Knippie sout
¦ 4 Granny Smith-appels, geskil, ontkern en gerasper
¦ 50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
Stroop
¦ 250 ml suiker
¦ 250 ml room
¦ 45 ml botter
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verroom die suiker en botter goed en klits die eiers een vir een by. Voeg die melk by en klits deur. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en roer deur. Voeg die appels en pekanneute by en roer tot goed gemeng. Skep die beslag in ’n gesmeerde oondbak en bak vir sowat 50-60 minute, tot die poeding goudbruin en deurgaar is.
Terwyl die poeding bak, verhit die suiker en room stadig tot kookpunt, terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Hou die stroop eenkant warm tot die poeding uit die oond kom. Prik gaatjies in die poeding sodra dit uit die oond kom en skep die stroop egalig bo-oor.
Laat die stroop intrek. Sit die poeding warm voor met dik room of vla, of ’n met skeppie roomys bo-op. Lewer 12 porsies.