Verhit die botter, suurlemoensap en suiker stadig saam tot die suiker gesmelt is. Klits ’n bietjie van die warm mengsel by die geklitste eiers en voeg dit dan alles by die suurlemoensapmengsel in die kastrol.
Verhit stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot die mengsel verdik en begin prut. Hou die hitte baie laag en laat prut vir 1-2 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Giet in ’n skoon bak om af te koel. Bottel en bêre in die yskas.
Lewer 650 ml smeer.