
- 1 kg skaapvleis (dikrib, nek of skenkel), in stukke gesny
- Olie
- 2 uie, gekap
- 1 steel seldery, gesnipper
- 2 – 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 5 heel wonderpeperkorrels (pimento of allspice)
- 5 ml gemaalde koljander
- knypie fyn gemmer
- 2 lourierblare
- 10 ml Worcestersous
- 375 ml vleisaftreksel
- 8 groot, ryp tamaties, geskil en gekap
- 3 groot aartapels, geskil en in blokkies gesny
- 3 groot wortels, geskil en grof gesny
- Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
- 60 ml blatjang
- Handvol gekapte vars pietersielie
Metode
In ’n swaarboompot, braai die vleis in die olie tot bruin. Voeg die uie, seldery, knoffel, speserye en lourierblare by en braai vir vyf minute. Voeg die Worcestersous en aftreksel by, verhit tot kookpnt en bedek. Prut stadig vir ongeveer 1½ uur. Voeg die tamaties, aartappels, wortels, sout, peper en suiker by en prut vir ’n verdere uur. Roer die blatjang en pietersielie by. Lewer vier porsies.