
Vleissous
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 x 250 g pak spekvleis, gesnipper
500 g varkmaalvleis
sout en peper na smaak
1 x 410 g blik gekapte tamaties
125 ml sjerrie
30 ml soet rissiesous
30 ml varsgekapte pietersielie
1 pak lasagnevelle
125 ml gerasperde mozzarella
125 ml gekrummelde feta
125 ml room
Verhit olie en braai ui, knoffel en spek tot gaar. Voeg varkvleis by en braai tot gaar. Voeg tamaties, sjerrie en rissiesous by en prut vir 25 minute. Geur na smaak en voeg kruie by. Skep dun lagie van vleissous onderin ’n gesmeerde oondbak van 18 cm x 28 cm. Pak ’n lagie lasagnevelle bo-op, gevolg deur nog ’n dun lagie vleissous.
Drup ’n klein bietjie room oor en pak nog ’n laag lasagnevelle op. Herhaal proses en eindig met ’n lagie vleissous. Meng kase en sprinkel oor. Drup orige room oor en laat staan vir 30 minute. Voorverhit oond tot 180 °C en bak lasagne vir 30-40 minute tot goudbruin. Laat staan vir 10 minute.
Lewer 6 porsies.