
Kors
1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, Tennisbeskuitjies of gemmerkoekies
60 ml gesmelte botter
3 ml fyn kaneel
Vulsel
3 groot eiers, geskei
1 blik (385 g) kondensmelk
1 blik (440 g) fynpynappel, goed gedreineer
30 ml stroop uit die pynappelblik
5 ml vanieljegeursel
Druk die beskuitjies of gemmerkoekies goed fyn en meng met die gesmelte botter en kaneel. Druk die krummelmengsel vas op die boom van ’n gesmeerde, diep tertbord van 24 cm.
Klits die eiergele saam met die kondensmelk en voeg die fynpynappel, pynappelstroop en vanieljegeursel by. Meng liggies. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou dit by die pynappelmengsel in.
Giet die vulsel in die kors en bak vir 25-30 minute tot goudbruin en ferm. Sit warm of koud voor – as tert of as nagereg – met geklopte room of roomys.
Lewer 10 porsies
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.