
- 500 g pasta van jou keuse
- 1 pak (250 g) repiespek, gesnipper
- 500 g botterskorsieblokkies
- 100 ml basiliekruid- of roketpesto
- Hand vol sonneblomsaad, liggies gerooster
- Sout en swartpeper na smaak
- 100 g bloukaas, grof gekrummel (opsioneel)
Kook die pasta in ’n groot pot soutwater met ’n skeut olie by tot net-net sag. Braai intussen die spekstukkies in ’n groot pan (of wok) bros. Terwyl die spek braai, stoom die botterskorsieblokkies vir ongeveer 3 minute in die mikrogolf. Haal uit die mikrogolf en voeg by die spek in die pan. Braai tot goudbruin en gaar.
Voeg die sonneblomsaad by en verwyder van die hitte. Dreineer die pasta en voeg die kokende pasta saam met die pesto by die spekmengsel. Voeg laaste die bloukaas by (indien gebruik) en geur met sout en peper. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.