
- 6 porsies ferm witvis
- Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 60 g botter
- 125 ml room
- 4 ml mielieblom
- 5 ml heelkorrelmosterd of dijonmosterd
- Sap van 1 suurlemoen
- Gesnipperde grasuie, om af te rond
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Geur die vis met sout en peper en pak dit in ’n oondvaste pan, met genoeg spasie tussen elke porsie vis.
Smelt die botter in ’n kastrol.
Meng die room, mielieblom en mosterd in ’n bakkie tot glad en voeg dit by die botter. Verhit, terwyl jy roer, tot deurwarm.
Voeg nou die suurlemoensap by en verhit verder, terwyl geroer word, tot die sous kookpunt bereik.
Prut vir ’n minuut of twee en geur na smaak met sout en peper.
Giet die sous oor die vis en sit die pan in die oond vir 5-7 minute (gaarmaaktyd sal wissel na gelang van die dikte van die vis) tot die vis net gaar is en maklik vlok.
Sprinkel grasuie oor en sit voor met opgekookte of gebakte aartappel en slaai van jou keuse.
Lewer 6 porsies