Net daar het ons besluit ’n stukkie knoffelbrood, met ’n stuk wors en ’n lepel chakalaka, gaan altyd op ons Wildtuin-spyskaart wees.
Hierdie is Wendy se resep vir chakalaka, die bekende Suid-Afrikaanse smoor. Sy het by my ma se spysenieringsbesigheid gewerk en staan bankvas agter Rajah-kerriepoeier en Koo se gebakte bone. Dit is een van die lekkerste resepte wat ek ken.
Ek het net een aanpassing gemaak met die bruinasyn (jammer, Wendy). Jy gaan dit minstens een keer per maand wil eet as jy eers begin het …