
5 groot wortels, geskraap
2 groot lemoene
30 ml olyfolie
3 ml fyn kaneel
180 ml ontpitte dadels, in dun repies gesny
30 ml gekapte, vars pietersielie
Rasper die wortels grof. Rasper die skil van een van die lemoene fyn en druk daarna die lemoen se sap bo-oor die wortels. Voeg die gerasperde skil, olyfolie en kaneel by en meng goed. Skil die ander lemoen tot op die vleis.
Sny in skywe en dan in kleiner stukkies. Voeg dit ook by die slaai. Bedek en bêre in die yskas tot 30 minute voor jy die slaai wil voorsit. Roer die dadels kort voor ete deur die slaai en sprinkel pietersielie oor. Lewer agt porsies.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.