AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

BMW droom oor ’n reuse-dubbelkajuitbakkie

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Kan daar binnekort ’n antwoord van BMW op Mercedes-Benz se X-klas wees?

Dit is nie oëverblindery of slim foto-redigering nie, wat jy op die foto hier bo sien is werklik ’n BMW-dubbelkajuitbakkie. 

Studente wat onderskeidelik in die Duitse maatskappy se bakwerk- en megatroniese afdeling vakmanskapopleiding ontvang, het oor die afgelope tien maande hierdie bakkie in die geheim ontwikkel. Die X7-dubbelkajuit is gebou op BMW se grootste onderstel en is ’n tamaai voertuig, wat 5,3 m meet van voor na agter.

Die ombouing van ’n reuse-veldwa na ’n dubbelkajuitbakkie beteken dat die dak veel korter is as ’n gewone vyfdeur-X7, en daar is ook minder glas en metaal in die bakkie se bakverhouding. Gevolglik is dié bakkie 200 kg ligter as ’n gewone X7-veldwa.

Die meeste van die onderdele en nuwe bakpanele is gebou met die jongste 3D-drukvormtegnologie. Van die opvallendste veranderings is ’n rolstaafstruktuur agter die kajuit en ’n laaibak waarin jy nooit dieseldromme of doringboomtakke sal wil laai nie.

Die bakkie het ’n peperduur kiaathoutlaairuimte, wat enige skrynwerker sal beïndruk. Die laaibak is ook indrukwekkend groot, met ’n lengte van 1,4 m, wat gerek kan word tot 2 m as die laaiklap oopgemaak word. Dit is ook nie per ongeluk groot genoeg vir een van BMW se avontuurmotorfietse nie!

Die aandrywing vir die bakkie is nie soos verwag nie. Mercedes en VW se bakkies is almal diesel, maar ten spyte van die X7-reeks se kragtige 3 liter-turbodieselenjin het BMW se bouspan eerder op ’n petrolenjin besluit. 

Gevolglik word die X7-dubbelkajuit aangedryf deur ’n 3 liter-turbopetrolkragbron wat 250 kW lewer. ’n Outomatiese agtgangratkas skakel 450 N.m wringkrag na al vier wiele en verrigting behoort flink te wees. 

BMW se amptelike uitgangspunt met die X7-dubbelkajuit is dat dit slegs ’n studenteprojek is, met geen onmiddellike bouplanne nie. Tog meld die Duitse voertuigvervaardiger ook dat sy reuse-weeldebakkie aan alle produksie- en padwaardigheidsreëls voldoen.

Met Mercedes se X-klas op die mark blyk dit dus dat BMW dalk begin planne beraam vir ’n dubbelkajuit van sy eie!

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Kom dans in die reen saam my
Eks passievol. lewens lustig. never a dull moment. ek bring die son saam waar ek gaan. hou van die simpel lewe . maar met baie liefde in
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot