AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

BMW se nuwe sewesitplek-weeldewa

akkreditasie
BMW se nuwe X7. Foto: Verskaf
BMW se nuwe X7. Foto: Verskaf
Ná groot afwagting het BMW uiteindelik sy eie reusesportnutsvoertuig bekend gestel.

Die nuwe X7 is 5 150 mm lank, wat oorgenoeg sitplek vir sewe volwassenes bied – in besonderse weelde.

Geskep as ’n mededinger vir Mercedes-Benz se GLS en die Britse Range Rover, is die X7 die eerste sewesitplek-veldvoertuig uit die BMW-stal. Dit is gemik op ontluikende markte met groot ooptes en Amerikaanse kopers, waar parkering nie ’n beperking vir so ’n oorweldigende voertuig is nie.

Die X7 is BMW se mees gewaagde ontwerp in jare en gee ’n voorsmakie van hoe toekomstige veldvoertuie van dié Duitse vervaardiger kan lyk. ’n Majestieuse sierrooster anker die X7 se vooraansig, met 22 duim-wiele wat die syaansig vervolmaak.

Binne is daar ruimte vir sewe passasiers en ’n oorvloed van die jongste tegnologie en hulpmiddels. Al die sitplekke het elektriese verstellings. Die laairuimte is outomaties en die agterdeur vou in twee dele uit, met die onderkant wat ’n sitplek bied as jy langs die pad wil uitspan, terwyl die boonste helfte skadu daaroor gooi. Hierdie tweedeel-laaideur was nog altyd ’n kernontwerp van Land Rover se luukse veldvoertuie. BMW het beslis gesien hoe prakties dit kan wees en dit sy eie gemaak met die X7.

Om die bestuurservaring te vergemaklik, kan alle inligting en vermaakstelsels slegs met iemand se stem beheer word, wat beteken dat daar nie onnodig hande van die stuurwiel of oë van die pad gedwing hoef te word nie. Die X7 het ook ? vollengte- panoramiese glasdak. Diá dak sorg vir ’n oorvloed natuurlike lig, wat ook ’n gevoel van ruimte skep.

Vir Europese kopers, waar dit hoofsaaklik bewolk is, maak die glasdak sin. In Suid-Afrika sal dit meestal toe gehou word omdat plaaslike bestraling veels te sterk is. ’n Voordeel van die glasdak wat wel kan aftrek kry in Suid-Afrika, is om in die aand deur die Karoo te toer met die glasdak se skerm teruggetrek om só ’n hemelruim vol sterre te kan besigtig.  

BMW beoog om teen volgende Maart met X7-verkope te begin. Die plaaslike reeks sal uit twee modelle bestaan: ’n xDrive30d en verrigtingsryke M50d. Albei X7’s word deur dieselfde kragbron aangedryf – BMW se gerekende 3 liter-gelidses-turbodiesel. Die verskil is dat die X50d vier turboaanjaers het, wat sorg vir ’n allemintige 294 kW drywing en 760 N.m wringkrag, terwyl die rustiger xDive30d 195kW en 620 N.m lewer.

Alle X7’s is vierwielaangedrewe en wissel ratte deur ZF se gerekende agtgang- outomatiese ratkas. As lang pad toer jou mikpunt is, sal die xDrive30s se suiniger verbruik – slegs 7 liter/100 km – vir jou aanloklik wees. Vir X7 kopers wat meer ingestel is op verrigting, is die M50d se vermoë om binne 5,4 sekondes van 0-100 km/h te versnel, meer sinvol.

Moe nie onder die indruk verkeer dat X7 slegs ’n weelderige stadsvoertuig met sewe sitplekke is nie. BMW sal dieselfde veldryhulpmiddels wat by die nuwe X5 aangebied word, vir X7-kopers beskikbaar stel. Dit sluit in 80 mm se hoogteverstelling deur middel van ’n lugvering stelsel, wat die X7 se bakrol in toom behoort te hou teen hoë snelhede en ook ritgemak kan bied op die strafste grondpaaie. Gevorderde elektroniese kloubeheerstelsels wat kan onderskei tussen sand, sneeu, modder en rotse, help ook om die X7 met selfvertroue te laat verken ver van die gewone teerpadroetes af. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.6%
Rand - Pond
22.23
+0.0%
Rand - Euro
19.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
978.66
-0.6%
Palladium
1,407.98
-1.0%
Goud
1,984.29
-0.5%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Let's go on an adventure
Afrikaans speaking divorced lady, ready to start the next chapter. Like the outdoors as well as cuddling on the couch.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot