Van die wiele af op is die Grenadier gebou om onstuitbaar te wees lank nadat die drie-jaar-, onbeperkte km-waarborg verstryk het.
Die soliede voor- en agteraste word aangedryf deur ewenaars wat onafhanklik van mekaar uit die kajuit met die druk van ’n knoppie gesluit kan word. Kraglewering word tussen die voorste en agterste ewenaar verdeel deur ’n sentrale ewenaar wat ook gesluit kan word en ’n oordraratkas wat spesiaal vir die voertuig ontwerp is. Sowel die petrol- en dieselenjins dryf ZF se outomatiese ratkas aan.
Die sessilinder-BMW-enjin is bekend op Suid-Afrikaanse paaie en doen tans diens in die BMW X5. Die enjins is deur Ineos se ingenieurs aangepas en waar hulle kon wegdoen met elektronika, het hulle.