AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Duster se knap klein bakkie skrik nie vir harde werk

akkreditasie
Die Duster-enkelkajuit-4x4-bakkie. Foto: Verskaf
Die Duster-enkelkajuit-4x4-bakkie. Foto: Verskaf
Hilux is verreweg Suid-Afrika se gewildste plaasbakkie, maar wat as jy ’n kleiner bakkie soek?

Die eens uiteenlopende mark vir klein bakkies bied nou slegs een enkelkajuit, die NP200 van Nissan. Tog is daar hoop vir diegene wat die idee van ’n klein enkelkajuit-4x4-plaasbakkie aantreklik vind.

Renault se openbare beeld het ’n sterk hupstoot gekry met die Duster. Sedert sy marktoetrede het hierdie klein grondpadtoervoertuig talle geharde 4x4-eienaars beïndruk en bewys dat ’n Franse voertuig in strawwe plaaslike toestande kan seëvier.

Die Duster se beproefde onderstel en ywerige dieselenjin is ongetwyfeld die aangewese platform vir enige klein bakkie. Dit is wat nou gebeur het.

Romturingia is ’n Oos-Europese maatskappy wat meer as ’n jaar op kontrak vir Renault werk aan hul enkelkajuitbakkie-projek. Die ingenieurs van Roemenië het ’n Duster-onderstel geneem en die vyfdeurbakwerk omskep in ’n enkelkajuitbakkie met ’n laaibak.

Hierdie Renault-bakkie is besonder knap afgewerk en al het Romturingia die algehele lengte met 19 mm verkort, is daar ’n ruim laaibak vir voer of om skape te laai. Die laairuimte beslaan 1 000 liter en die bakkie kan 500 kg dra.

Buiten die oulike voorkoms en dravermoë is hierdie Duster-bakkie se groot aantrekking die enjin en dryfstelsel. Die Nissan NP200 trek met sy voorwiele, maar die Duster het aandrywing na al vier wiele.

Renault se 1,5 liter-turbodieselenjin lewer 85 kW en 260 Nm, wat puik syfers is vir so ’n klein bakkie. In sagte sand of teen redelike skuinstes uit sal hierdie Duster-enkelkajuit kan gaan waar geen ander soortgelyke bakkie kan nie. Daar is ook 14 mm meer grondvrye hoogte met 224 mm.

Met ’n oop laaibak wat bietjie meer windsleur skep, sal die Duster-bakkie bietjie swaarder wees op diesel, tog behoort hierdie enkelkajuit steeds minder as 5 liter/100 km te verbruik.

Renault het nie ’n bakkie-aanbieding in Suid-Afrika nie. Die Franse maatskappy het besluit om die Alaskan-dubbelkajuit plaaslik bekend te stel, vanweë Mercedes-Benz se droewige vertoning met die X-Klas. Die Alaskan en X-Klas is ’n meganiese spieëlbeeld van mekaar.

Dit is ’n reusestryd om met Toyota, Ford of Isuzu mee te ding, maar nie een van die drie bekendste bakkiehandelsname bemark ’n klein enkelkajuit nie.

Al is daar nie onmiddellik planne vir ’n Suid-Afrikaanse besending van hierdie Duster-enkelkajuit-4x4-bakkies nie, is daar sonder twyfel ’n groep plattelandse kopers wat sal toustaan – as dit gebeur. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot