Terwyl die gevestigde vervaardigers nog wik en weeg, sê die Chinese vervaardiger JAC sy elektriese vierton-vragmotor, die N75 EV, sal binne die volgende ses maande in Suid-Afrika te koop wees.
Ná aansienlike belangstelling van plaaslike vervoerondernemings het JAC Motors Suid-Afrika gesê hy sal die elektriese N75 EV invoer. Volgens JAC bied battery-elektriese vragmotors, wat hy sedert 2014 vervaardig, groot kostebesparings.
“Die N75 EV is ’n ekonomiese, betroubare en veilige oplossing vir kortafstand-aflewerings. Afgesien van die aansienlike brandstofkoste- besparing teenoor dieselvragmotors is die N75 EV se onderhoudskoste tot 70% laer as dié van ’n dieselvragmotor van soortgelyke grootte,” sê mnr. Karl-Heinz Göbel, die plaaslike hoof van JAC.