
Dié neiging word aangedui in die nuutste statistiek van die nasionale motorvervaardigersvereniging. Die segment vir ligte kommersiële voertuie, wat hoofsaaklik uit bakkies bestaan, se verkope het met 1,7% verlangsaam teenoor verlede jaar.
Ford-entoesiaste het egter hul kant gebring en ’n allemintige 371 bakkies meer gekoop as wat Toyota se aanhangers gekoop het. Vir vanjaar is die Ranger egter tot op hede nog 2 726 bakkies voor.
Isuzu en Nissan
Die Isuzu KB het sy stem dik gemaak en die Nissan NP 200 uitgestof om die derde plek op die verkopeleer in te neem. Die NP 200 is dus vierde en die NP500 vyfde. Die klein Chevrolet Utility byt nog vas in sesde plek en die Volkswagen Amarok het een posisie opgeskuif in die plek van die Toyota Land Cruiser, wat nou die agtste plek beklee.
Een van die grootste verrassings vir die maand was aan die onderkant van die tien topverkopers, met Mahindra se nuwe Pick-up wat die Nissan Navara verbygesteek het om die negende plek in te neem, met die Nissan laaste op die lys van die toptien.