’n Tegnologiese oplossing is nou beskikbaar vir daardie penarie wanneer jou motor se battery afgeloop het en jy stoksielalleen is.
Die gewone oplossing om ’n pap motorbattery weer aan die gang te kry, is om jou motor se battery met brugkabels aan ’n ander voertuig te koppel en die battery te herlaai. As daar egter nie ’n gawe siel met brugkabels en ’n motorbattery naby is om te help nie, is die Primus Jump Starter jou redding.
Hierdie herlaaitoestel word deur Romoss vervaardig, ’n maatskappy wat in eksterne batterylaaiers spesialiseer. Die volgelaaide Jump Starter het genoeg krag om ’n pap battery 20 keer aan die gang te kry met 400 ampère-piekstroomkrag.