Dit het geskied met ’n 4x4-avontuur waartydens groepe joernaliste van reg oor die wêreld byna 2 000 km in vier skofte in die skouspelagtige noorde van Skotland afgelê het.
Prototipes van die Grenadier is gedurende die ontwikkelingsfase oor verskillende terreine en klimaatsomstandighede tot die uiterste getoets, van die onherbergsame Schökl-gebergtes in Oostenryk tot die Sahara-woestyn.
Ineos het net meer as 1 miljard euro (sowat R18 miljard) aan die ontwikkeling van die Grenadier bestee. Lees in die volgende uitgawe of Landbouweekblad ná twee dae agter die stuur van ’n model dink die belegging was die moeite werd.