AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
12 Me
-
171,55
-1,00
Ave Wool - RWS
12 Me
-
187,51
-2,00
Beeste A2/3
12 Me
-
54,18
0,36
Beeste AB2/3
12 Me
-
53,38
1,10
Beeste B2/3
12 Me
-
49,24
1,21
Beeste C2/3
12 Me
-
46,69
0,83
Bevrore Hoender
12 Me
-
34,02
0,01
Bokkies (onder 30 kg)
12 Me
-
54,11
1,43
Bokooie
12 Me
-
45,19
4,99
Groot (meer as 40 kg)
12 Me
-
47,21
1,85
Hoender (IQF)
12 Me
-
32,78
-0,26
Medium (30-40kg)
12 Me
-
48,05
0,05
Pork Average
12 Me
-
30,1
0,51
Poultry Average
12 Me
-
33,63
-0,08
Skaap A2/3
12 Me
-
81,25
-3,39
Skaap AB2/3
12 Me
-
71,07
-5,53
Skaap B2/3
12 Me
-
59,28
1,05
Skaap C2/3
12 Me
-
53,58
-3,44
Speenkalf
12 Me
-
31,71
0,67
Spekvarke
12 Me
-
30,61
-0,29
Stoorlammers
12 Me
-
41,49
-0,79
Varkwors
12 Me
-
23,9
-0,76
Vars Hoender
12 Me
-
34,08
0,01
Vleisvarke
12 Me
-
30,04
0,57
Deel

Hilux GR-Sport bied meer krag vir minder geld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Hilux GR-Sport. Foto: Verskaf
Die Hilux GR-Sport. Foto: Verskaf
Terwyl beurtkrag en hawestakings boere druk, soek almal ’n bietjie meer vir minder.

Met bakkies wat peperduur geword het, is die kans egter skraal dat jy minder bakkie vir meer dubbelkajuit kan ruil.

Vertrou Toyota om na die boer se redding te kom met ’n aanbieding wat te goed klink om waar te wees. Is ’n Hilux wat minder kos maar meer krag bied oëverblindery? Gewis nie.

Ná ’n lang gewag – pak die skuld op die wêreldwye probleme in die verskaffingsketting en KwaZulu-Natal se vloede – is die Hilux GR-Sport uiteindelik plaaslik te koop. Dit is die kragtigste diesel-Hilux tot dusver en bied Toyota-aanhangers verrigting soos dié van ’n sessilinderenjin.

Die jongste toevoeging tot die Hilux-reeks is nie ’n pronk-bakkie nie. Bakkie-kenners sal onmiddellik opmerk dat die GR-Sport ’n voorbuffer soos die Raider het. Die vorm van die Raider-voorbuffer is minder blootgestel aan bakwerkskade as jy woes wil gaan verken op tegniese veldryroetes.

Die gewone poetsing van die voorkoms is aanwesig met GR-kentekens op die sierrooster, laaibakdeur en sypanele. Daar is ook breër wielboë om ’n bietjie meer ruimte te bied vir daardie fris 265/65R17-bande, wat beter ritgehalte en klouvermoë het as die Hilux Legend se 18 duim-bande.

Sessilinderkrag vir Hilux

Dit is egter wat onder die enjinkap sit, wat werklik tel. Toyota se ingenieurs het 15 kW en 50 Nm wringkrag gevind wat binne die Hilux-reeks se 2,8 liter-turbodieselenjin geskuil het.

Met syfers van 165 kW en 550 Nm bied hierdie GR-Sport Hilux skerper versnellerreaksies. As jy gereeld duine of sandveld ry, sal die bykomende krag waarskynlik ’n verskil maak om wielmomentum aan die gang te hou wanneer jy dit die nodigste het. Bakkie-kenners sal ook die datavergelyking raaksien tussen hierdie sterker weergawe van Toyota se 2,8 liter-enjin en die oorspronklike Amarok met die 3 liter-V6-enjin wat ook 165 kW gelewer het.

Normaalweg gaan jy nie die bykomende krag ervaar nie. Ten spyte van die ekstra krag bereik die Hilux GR-Sport 0-100 km/h slegs 0,65 sekondes vinniger as ’n “gewone” 2,8 liter-Hilux.

Iets wat jy wel sal voel wanneer jy ’n GR-Sport bestuur, is die ritgehalte. Toyota se kenners het beter skokbrekers en kronkelvere aangebring en die gevolg is ’n sagter ritgehalte en minder senuagtigheid teen hoë snelhede op sinkplaatpaaie.

Meer krag en beter hantering op grondpaaie vir minder geld? Kan dit wees? Teen R865 400 is die nuwe GR-Sport R40 500 duurder as ’n Hilux Legend, maar goedkoper as drie Legend RS-weergawes, met die duurste een wat R917 900 kos. En nie een van daardie drie Legend RS-weergawes het die GR-Sport se 165 kW-enjin nie.

Met 17 duim-bande wat meer slaggatbestand is en beter veldrytaaiheid bied, meer enjinkrag en ’n minder kwesbare voorbuffer is die GR-Sport ongetwyfeld die waardebakkie vir Hilux-kopers wat haastig is. Of gereeld laat is vir die veiling.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.75
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie boek
Wil nie alleen oud word nie soek n maat ,om alles te deel. Hou van braai buite in die natuur. Hou van die wildtuin kamp uit eet motor sport jag Die lewe voluit geniet en elke...
Kom ons kyk.....
Ek is n baie liefdevolle mens wat hou van lag, en die lewe geniet. Baie lief vir reis, kosmaak, diere en kinders.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot