AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Isuzu soek Fortuner se markaandeel met MU-X

akkreditasie
Die Isuzu MU-X. Foto: Verskaf
Die Isuzu MU-X. Foto: Verskaf
Na 'n lang afwesigheid bemark Isuzu weereens 'n sportnutsvoertuig in Suid-Afrika.

Na verlede jaar se ontwrigting met die verbrokkeling van Chevrolet se Suid-Afrikaanse sakeafdeling, het baie Isuzu-eienaars gewonder wat op hulle wag.

Die gerekende Japanse bakkievervaardiger was vir lank 'n Chevrolet-sakevennoot in Suid-Afrika, maar gelukkig staan Isuzu in 2018 plaaslike as 'n onafhanklike teenwoordigheid – met befondsing en bestuursinsette van die hoofkantoor in Japan. Chevrolet se heengaan in Suid-Afrika het ook 'n groot juk van Isuzu se handelsnek afgehaal.

Sedert 2012 bestaan daar 'n gehalte sportnutsvoertuigweergawe van die Isuzu KB-bakkie, genaamd die MU-X. Isuzu is verbied om dit plaaslik te verkoop omdat Chevrolet klaar hul Trailblazer in die mark gehad het om met Toyota se Fortuner en Ford Everest mee te ding. Sonder enige hindernisse het Isuzu nou uiteindelik vandeesmaand MU-X plaaslik bekend gestel.

In Australië word MU-X baie hoog aangeslaan en sommige maande behaal dit hoër verkope as Toyota se Fortuner. Vir plaaslike kenners is dit hoogtyd dat Isuzu, wat met hul Frontier in die laat 1990’s die sportnutsvoertuigmark in Suid-Afrika geskep het, weer deelneem. Uit ‘n sekere oogpunt gesien is die MU-X ‘n vyfdeurvoertuig met sewe sitplekke wat as ‘n stasiewa van die beproefde Isuzu KB-bakkiereeks afgelei is.

MU-X het baie in gemeen met Chevrolet se Trailblazer, 'n voertuig wat weinig aftrek by plaaslike kopers geniet het. Soos die Trailblazer het MU-X ook nie 'n egte meganiese ewenaarslot agter nie, wat dit 'n agterstand besorg in uitdagende veldwerk, teenoor voertuie soos 'n Fortuner of Everest. Staal gly- en beskermplate is onder die enjin bygebring om rots- en klipskuurskade te verhoed en teen 230mm het MU-X genoeg grondvryehoogte om met redelike vertroue meeste veldryroetes te verken. 

Isuzu glo dat MU-X se samespel tussen 'n laestrek-ratkas en elektroniese kloubeheer oorgenoeg vermoë het om meeste hindernisse baas te raak. In beginsel is kloubeheer 'n wenner, maar vir die megatroniese stelsels om te werk, benodig jy momentum. In hoogs uitdagende veldrytoestande moet daar dikwels geluier word deur hindernisse, wat die kloubeheer altyd 'n paar tree agter 'n meganiese ewenaarslot se vermoëns laat.

Isuzu is 'n erkende dieselenjinkenner. Die vervaardiger bou meer dieselenjins per jaar as enige ander voertuigverskaffer (digby 20 miljoen eenhede) en plaaslik is Isuzu-bakkies welbekend vir hul kanniedood betroubaarheid. MU-X word aangedryf deur dieselfde 3-liter-viersilinderturbodiesel was ook plaaslik in Isuzu se KB-bakkies diens doen. Werkverrigting is 130kW en 380Nm – wat skraps minder is as wat dieselfde enjin in MU-X lewer vir die Australiese mark.

Ons gedugte krieketteenstanders kry 50Nm by in hul MU-X-sportnutsvoertuie. Die wringkragverskil is soos gewoonlik 'n verstellingsvereiste as gevolg van die laer gehalte van Suid-Afrika dieselbrandstof. Nie dat MU-X enigsins lyf wegsteek nie, sleepvermoë is 3000kg, wat Toyota se Fortuner en die Ford Everest ewenaar.

Vergelyk met die sportnutsvoertuigmarkleier, Fortuner, bied MU-X billike waarde. Die tweewieltrekmodel verhandel teen R568 000, terwyl die 4x4 prys teen R629 100, pryse wat ongeveer 2,5% minder as die Toyota-voertuie is. Toerustingvlakke is mededingend met onafhanklike klimaatbeheer vir voor- en agtersitplekpassasiers, volledige Apple- en Android-slimfoonskakeling deur die 9-duim inligtingskerm, leersitplekke en satellietroetebegeleiding.

MU-X se veiligheidstoerusting is volledig met elektroniese noodrembystand en ses lugsakke, terwyl 'n agteruitsigkamera verseker dat jy sonder moeite en vol selfvertoue kan driepuntdraai of in nou parkeerruimtes kan in en uit. 

Isuzu kan met reg roem daarop dat die leerraamsportnutsvoertuig plaaslik deur hulle geskep is. Toyota oorheers tans die mark maar Isuzu se terugkeer, met die MU-X, hou meer belofte in Chevrolet se Trailblazer ooit beleef het. Die Trailblazer het gemiddeld slegs 10% van Fortuner se volumes verkoop.

Isuzu sal hoop dat hul gedugte beeld, wat gebou is op 54-jaar se ononderbroke ondersteuning van Suid-Afrikaanse boere en kleinsake bedrywighede, die wa deur die drif kan trek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.2%
Rand - Pond
24.44
-0.0%
Rand - Euro
21.05
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.76
+0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
996.47
-1.7%
Palladium
1,363.96
-3.0%
Goud
1,972.04
+0.6%
Silwer
23.44
+1.1%
Brent-ruolie
73.54
-4.8%
Top-40
70,023
-1.3%
Alle aandele
75,067
-1.2%
Hulpbronne 10
67,538
+0.7%
Industriële 25
102,856
-2.7%
Finansiële 15
14,406
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Soek n maat om die lewe saam te geniet
Vriendelik en behulpsaam Hou ni van n man wat te veel drink ni ( moet weet waar sy limiet is) Moet respek toon
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot