AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Meer krag vir die nuwe Toyota Hilux

akkreditasie
Die opgeknapte Toyota Hilux. Foto: Verskaf
Die opgeknapte Toyota Hilux. Foto: Verskaf
Toyota het sy nuutste weergawe van die agtste geslag Toyota Hilux bekend gestel en Ford Ranger-eienaars het rede om hartseer te wees.

Toyota het sy nuutste weergawe van die agtste geslag Toyota Hilux bekend gestel en Ford Ranger-eienaars het rede om hartseer te wees. 

Met rekordverkope maand ná maand is daar min aansporing vir Toyota om te peuter met die Hilux se wenresep. Sedert die huidige Hilux in 2016 plaaslik bekend gestel is, oorheers dit Suid-Afrika se bakkiemark.

Tog rus Toyota nie op die louere van Hilux se welslae nie en ’n versameling voorkoms- en tegniese verbeterings is aan dié wêreldbekende reeks bakkies aangebring.

Die opgeknapte Hilux het ’n nuwe sierrooster en kopligte wat sterk herinner aan Toyota se Tacomabakkie, wat gewild is onder Amerikaanse kopers. Beter beligting is altyd ’n pluspunt vir bakkiekopers wat snags op die platteland ry en ongelukke wil vermy.

LED-agterligte sal ook ’n groot voordeel inhou vir Hilux-bestuurders in ’n konvooi, waar digte Afrika-stof dit onmoontlik kan maak om dowwer voertuigligte te herken en volg.

Verbeteringe aan die binneruim is gering, maar boere wat getrou hul slimfone koppel wanneer hulle bestuur, sal bly wees dat beide Android Auto en Apple CarPlay nou deel van die Hilux se inligting-en-mediastelsel is.

Verreweg die grootste nuus met hierdie nuwe Hilux is onder die enjinkap. Toyota se dieselingenieurs het meer krag en wringkrag uit die beproefde 2,8 liter-viersilinderenjin getoor. Kraglewering styg van 130 kW tot 150 kW, terwyl wringkrag nou by 500 Nm staan vir bakkies met die outomatiese sesgangratkas. As jy ’n sesganghandrat kies, val daardie wringkragsyfer tot 420 Nm.

Toyota het ook die 2,8 liter-enjin se luierspoed aangepas, van 850 r/min. tot 680 r/min. Die voordeel hiervan? Meer wringkrag teen die laagste moontlike Hilux-kruipspoed, wat voordelig is wanneer hoogs tegniese veldryhindernisse aangedurf word. Dieselverbruik is ook 11% laer as met die 130 kW-enjin, ten spyte van die nuwe 2,8 liter se sterker verrigting.

Met ’n sterker enjin het Hilux se sleepvermoë verbeter met 300 kg tot 3 500 kg. Toyota het waarskynlik ’n uitklophou geplant in die bakkietweestryd met Ford. Die Ranger het sedert verlede jaar ’n beduidende krag- en sleepvoordeel gehad, wat nou uitgewis is.

Grondpad-ritgehalte is nog ’n ontwerpbeginsel waaraan Toyota se gedugte Hilux-ingenieurs baie tyd en geld bestee het. Beter skokbrekers en ’n minder stram veringstelsel belowe ’n sagter en meer voorspelbare rit op rowwe grondpaaie.

Toyota Suid-Afrika het nog nie ’n intreedatum vir die nuwe Hilux bekend gemaak nie, maar wanneer die opgeknapte weergawe (na raming vroeg in 2021) plaaslik beskikbaar word, sal handelaars na verwagting nie kan voorbly nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.61
+0.1%
Rand - Pond
24.56
+0.1%
Rand - Euro
21.11
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.96
-0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
1,006.73
+0.3%
Palladium
1,399.09
+1.6%
Goud
1,980.29
+0.1%
Silwer
23.94
+0.3%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
70,656
0.0%
Alle aandele
75,783
0.0%
Hulpbronne 10
68,962
0.0%
Industriële 25
102,956
0.0%
Finansiële 15
14,630
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Soek lewensmaat
Ek is n dame met n goeie hart. Moeg Vir seer kry. Wil net gelukkig wees en iemand Om mee n lewens pad te stap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot