AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Mercedes kom roer die plaaslike bakkiemark

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Vir Suid-Afrikaanse boere en kommersiële voertuigverbruikers is Mercedes-Benz se swaar vragmotors nie ’n onbekende gesig nie. Maar ’n driepuntster-dubbelkajuitbakkie?

Die X-Klas word vandeesmaand in Suid-Afrika bekend gestel en die afwagting ten opsigte van dié bakkie se vermoë is baie groot. Suid-Afrika se bakkiemark is hoogs mededingend. Volkswagen se Amarok het reeds bewys dat ’n Duitse gehalte-ontwerp nie noodwendig genoeg is om verbruikers wat reeds getrou is aan hul Hilux of Ranger, te oorreed om iets anders te kies nie. 

Vir die X-Klas is daar ’n dubbele struikelblok – prys én herkoms. Die snel groeiende bakkiemark het Mercedes se aandag getrek, maar die geriewe om ’n leerraam-onderstelbakkie te bou bestaan nie in sy voertuigaanlegte nie.

Die G-Klas, wat ook op ’n leerraam-onderstel gebou is, word deur Magna Steyr in Oostenryk vervaardig – en daar is nie oortollige vakmanne of toerusting om ’n nuwe reeks bakkies in die dieselfde fabriek te bou nie.

Vennootskap
Mercedes se oplossing was om ’n vennootskap te smee met ’n bestaande bakkievervaardiger en sodoende sy eie ontwikkeling van ’n dubbelkajuit te doen. Nissan se Navara, met sy kronkelvere, is as die vennoot gekies. 

Juis hieroor is daar ’n brandpunt vir Suid-Afrikaanse bakkiekenners: Is die X-Klas bloot ’n vermomde Navara of ’n Mercedes-bakkie uit eie reg?

Volgens Mercedes is die onderstel aangepas om sterker te wees as die Navara s’n, aangesien die X-Klas in die topmodel ’n groter drieliter- V6-enjin moet dra. Navara het slegs 2.3 liter-enjins, wat ook gedeel word met die X-Klas se modelle wat nou in Suid-Afrika beskikbaar gestel word. Die X350d V6-dubbelkajuit volg eers later vanjaar. 

Afgesien van die sterker leerraam, is die vering herontwerp en die binneruim is ’n kombinasie van onderdele wat bekend sal wees aan eienaars van driepuntster-passasiersmotors. Mercedes wou ’n dubbelkajuit na die mark bring wat ’n nuwe vlak van verfyning ten opsigte van wind-, enjin- en padgeraasonderdrukking sou stel.

Gevolglik is die X-Klas meer as 200 kg lywiger as sy Navara-eweknie. Die gewig kan toegeskryf word aan die teenwoordigheid van bykomende materiaal om klankdigtheid te bevorder.  

Krag
Kragbronne is raseg Nissan. Albei 2.3 liter-dieselenjins word oorgeërf by Navara en lewer gevolglik 120 kW/403 N.m in die X220d, met die X250d wat toor met die turbo en 140 kW/450 N.m uit die enjin haal. Ratkaste bied ’n keuse tussen ’n sesspoed-handrat of ’n sewegang-outomaties, met laestrekratte en ’n agterste ewenaarslot vir die vierwieltrek X-Klas. 

Weens die gewigsverskil is hy verrigtingsgewys nie heeltemal so fluks as sy Navara-bondgenoot nie. Dit is waarskynlik ’n regverdigbare prys vir diegene wat ’n bakkie soek met ongeëwenaarde kajuitstilte. Wanneer die X350d later homself vanjaar plaaslik aanmeld, sal die 3liter-V6 se 190 kW en 550 N.m sorg vir ’n hoëverrigtingsbakkie. 

Oor die bakkies se werkvermoëns is daar geen twyfel nie. Die kronkelvere gee die X-Klas uitstekende ritgehalte, veral op sinkplaatpadoppervlaktes, en met die laai- en sleepsyfers is daar nie fout nie. Die bak is breed en diep teen 2,4 m2, genoeg om ’n palet met gemak te dra en die laaivlak wissel van 1 082-1 126 kg, na gelang van die model. Die X-klas is ook nie skaam vir sleepwerk nie; die tweewieltrekmodelle haak 3 200 kg, terwyl die vierwieltrek X250d sowat 3 500 kg kan baasraak. 

Veiligheid
Die X-klas se troefkaart is veiligheid. Met dubbelkajuitbakkies wat hoofsaaklik as gesinsvoertuie gebruik word, is die voordeel van veiligheidstoerusting van die X-klas opvallend. Geen ander plaaslike bakkie kan by die Mercedes se sewe lugsakke en outomatiese noodremaksie byhou nie. 

Knelpunte? Die sitplekke is gemaklik, maar van die afwerking is steeds meer Nissan as Mercedes. Die stuur het nie diepteverstelling nie en die ekstra gewig wat toegewy is aan klankdigtheid belemmer die bakkie se verrigting.

Vir Mercedes-aanhangers wat van plan was om te hard te werk met die X-klas as ’n plaasbakkie is die intreevlakmodel nie vir ons mark beskore nie. Dit is jammer, aangesien dit ’n voertuig met staalwiele, eenvoudiger afwerking en ’n goedkoper prys is, maar steeds die ritgehalte en bestuursgemak van duurder X-klas-modelle het. 

Soos kenners verwag het, breek die X-Klas ’n nuwe prysplafon vir plaaslike bakkies. Die reeks begin teen R642 103 en klim tot net oor die R800 000, met die duurste model wat teen R818 340 te koop is.

Die X250d 4x4-outomaties is bykans R200 000 duurder as sy Japannese teenstanders. Selfs Volkswagen se Amarok V6, die kragtigste dieseldubbelkajuit wat in Suid-Afrika te kry is, is goedkoper as die 2.3liter- viersilinder-X250d. 

X-Class X220d 4X2 Progressive (handrat) – R642 103

X-Class X250d 4X2 Progressive (outomaties) – R694 025

X-Class X250d 4X4 Progressive (handrat) – R696 785

X-Class X250d 4X4 Progressive (outomaties) – R723 810

X-Class X250d 4X4 Power (handrat) – R791 315

X-Class X250d 4X4 Power (outomaties) – R818 340

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+0.2%
Rand - Pond
22.36
+0.2%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
960.37
+0.1%
Palladium
1,425.03
+0.6%
Goud
1,968.29
-0.3%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,867
+0.6%
Alle aandele
76,458
+0.5%
Hulpbronne 10
66,768
+0.5%
Industriële 25
103,343
+1.0%
Finansiële 15
15,584
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot