AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Mercedes onthul nuwe X-Klas-bakkie

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die duurste dubbelkajuitbakkie word gerek om meer laaibakruimte te bied.

Met die V6-weergawe wat met ’n prys naby aan sewe syfers spog, is daar geen twyfel nie dat Mercedes-Benz se X-Klas ’n luukse bakkie is. Maar wat van diegene wat die Duitse driepuntster-dubbelkajuit wil gebruik vir die tipiese bestaansrede van ’n bakkie – werk?

Vroeër vanjaar is vermomde X-Klas-toetsbakkies in ysige toestande gewaar waar hulle uithoutoetsmyle afgelê het. Wat hierdie vloot X-Klas-bakkies anders gemaak het, was dat daar ’n verlenging van die bakwerk sigbaar was. Die geheimsinnigheid rondom daardie verlenging is nou beantwoord.

Met die samewerking van ’n gerekende Nederlandse voertuigingenieurswesevennoot het Mercedes goedkeuring gegee vir die ontwikkeling van ’n langasweergawe van die X-Klas. Veth is ’n kenner as dit kom by nywerheidvoertuigaanpassings en het ’n ryk tegniese geskiedenis wat van 1840 strek. Die maatskappy se hoofkantoor is in Duiven, Oos-Gelderland, en vir R115 000 bied Veth nou ’n tegnies-noukeurige verlenging van die X-Klas, met bestellings wat van Mei af geplaas kan word. 

Mercedes-Benz se ingenieurs het uit Stuttgart die nodige ondersteuning aan Veth verleen om te sorg dat die X-Klas se ontwerp nie belemmer word deur enige verlenging nie. Die bakwerk se verlengingstuk kan duidelik gesien word: Dit is ingebou tussen die agterkant van die kajuit en die brandstoftenk se hervullingsklappie.

Wat het Veth nou juis verander aan die X-Klas en hoekom? Die asafstand is gerek tot 3,24 m, ’n verlenging van 90 mm teenoor die gewone X-Klas, met die hoofdoel om ’n groter laaibak te bou. Van voor tot agter gemeet, is die langas-X-Klas se laaibak 2,06 m, wat beteken jy sal makliker langwerpige voorwerpe kan vervoer sonder om die rooi vlaggie te moet uithaal en om uitsteekhoeke te bind.

In geheel is die laaibak nou 20% langer. Vir leefstyl- en stadsgebruikers sal dit beteken jy hoef nie jou bergfiets se voorwiel af te haal as dit agter in die bakkie vervoer word nie, maar vir vakmanne en boere is die voordeel veel groter.

’n Langer laaibak wat meer voorwerpe kan dra, is altyd veiliger vir duur toerusting. Van die onverwagse voordele van dié X-Klas is dat ritgehalte en hoësnelheid-vastigheid ook effens verbeter met daardie ekstra 90 mm tussen die voor- en agterwiele. 

Mercedes se samewerking met Veth ten opsigte van ’n langas-X-Klas blyk met die eerste oogopslag vreemd te wees, maar dit is ’n slim verdeling van hulpbronne en vaardighede. Die Nederlandse mark bied ’n belastingkorting op bakkies en ’n langas-X-Klas skakel volmaak daarmee vir vakmanne wat ’n stylvolle ryding wil hê, en ook meer laaibakruimte benodig.

Binne die groter prentjie is hierdie X-Klas-projek van uiterste belang vir enige strewe wat Mercedes het om die Amerikaanse mark met sy dubbelkajuit te betree.

Amerika is die grootste bakkiemark en verbruikers vereis daar ’n langer laairuimte as enige ander bakkiebestuurders. Gevolglik is dié model waarskynlik voorbrand vir Mercedes-Benz se uiteindelike plan om die Noord-Amerikaanse mark te verower, maar dit kan waarskynlik ook ’n baie toepaslike Suid-Afrikaanse aanbieding word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.22
+1.7%
Rand - Pond
22.36
+1.3%
Rand - Euro
19.82
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.23
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.47
+1.4%
Palladium
1,445.40
+2.8%
Goud
1,967.02
+1.4%
Silwer
22.96
+2.5%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot