AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Minder krag, meer betroubaarheid vir JAC-dubbelkajuit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die JAC T6-bakkiereeks het nou ’n 2,8 liter-turbodieselenjin. Foto: Verskaf
Die JAC T6-bakkiereeks het nou ’n 2,8 liter-turbodieselenjin. Foto: Verskaf
Chinese bakkies is glad nie meer ’n onderwerp vir grappe om die braaivuur nie.

GWM se P-Reeks-dubbelkajuit verkoop soos soetkoek plaaslik en Chinese bakkies se aansien het aansienlik gestyg die afgelope paar jaar.

Die hoofrede hoekom ’n Chinese bakkie op jou plaaswerf staan, is waarde. Hierdie bakkies bied meer toerusting vir minder geld in vergeleke met Japannese of Amerikaanse bakkies.

JAC is nie ’n hoofspeler op die plaaslike voertuigmark nie, maar daar is ’n nuwe waarde-aanbieding wat baie naby aan die meeste boere se verwagtinge is. Die JAC T6-bakkiereeks het nou ’n 2,8 liter-turbodieselenjin, wat dalk min krag opwek, maar lae onderhoudskoste belowe.

Voornemende kopers sal dink daar is ’n inligtingsfout met die T6 2.8 TDI Lux se enjinsyfers. Die kragbron lewer slegs 68 kW en 210 Nm. Dit is minder as die helfte van ’n Hilux 2,8 liter-turbodieselenjin se werkverrigting. Hoekom roem JAC oor hierdie nuwe enjin in sy plaaslike bakkiereeks as die syfers so beskeie is?

Suid-Afrikaanse dieselgehalte is ’n dobbelspel en hoe meer gevorderd jou turbodieselbakkie se inspuitingstelsel is, hoe groter is die skade weens water of stofdeeltjies in jou diesel. JAC glo daar is ’n mark vir dubbelkajuitbakkies met ’n rustiger enjin wat kraglewering ruil vir duursaamheid.

Dit is veral boere en landelike kopers wat in JAC se visier is met die T6 2.8 TDI Lux. Dieselgehalte daal ongelukkig in verhouding met afstand buite ’n groot stad. Vir boere wat nie wil sukkel met bykomende filtreerlyne vir hul dieselopberging of aankope nie, maak die nederige, maar geharde 2,8 liter-turbodieselenjin van JAC baie sin.

Dubbelkajuitbakkies kan effens knap wees met hul laaibakafmetings en dravermoë, maar JAC se T6 reeks het ruim laaiplek bo die agteras.

Hoe vaar hierdie kanniedood enjin Chinese bakkie as ’n veldryer? Die JAC T6 2.8 TDI Lux 4x4 se grondvryhoogte is bietjie skraps teen 198 mm, maar met ’n laestrekratkas behoort jy hellings van 25% te verower, mits jou aantreeroete nie bots met die bakkie se 29,6°-aanvalshoek nie.

Die van die T6 2.8 TDI Lux is heel billik, teen R349 900 vir die 4x2 met ’n vyfganghandratkas, en R399 900 vir ’n 4x4-weergawe met ’n outomatiese sesgangratkas.

Vreemd genoeg is daar ? reuse-dieselverbruik verskil tussen die 4x2- en 4x4-weergawes, met eergenoemde wat loop teen 7,9 liter/100 km en die 4x4 outomaties, daai sesde rat nieteenstaande, wat 10,5 liter/100 km gebruik.

As jy nooit haastig is om op die dorp of by jou vakansiebestemming te kom nie, en ’n dubbelkajuitplaasbakkie begeer wat sonder angs op plaaslike diesel kan hardloop, is JAC se T6 2,8 liter-reeks meer as stof tot nadenke.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.23
+0.0%
Rand - Euro
19.56
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
978.28
-0.7%
Palladium
1,412.31
-0.7%
Goud
1,988.53
-0.3%
Silwer
23.22
+0.5%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Let's go on an adventure
Afrikaans speaking divorced lady, ready to start the next chapter. Like the outdoors as well as cuddling on the couch.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot