AFGRI
BEAN
27 Okt
-
7095
80,00
CORN
27 Okt
-
3209,8
77,80
SOYA
27 Okt
-
7180
50,00
SUNS
27 Okt
-
8899
-21,00
WEAT
27 Okt
-
5809
28,00
WMAZ
27 Okt
-
3286
28,00
YMAZ
27 Okt
-
3441
41,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Ry vir minder as ’n plaas se prys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kia Picanto 1.2 X-Line (handrat), R238 000
Kia Picanto 1.2 X-Line (handrat), R238 000
Intreevlakmotors se pryse het die hemel ingeskiet. Die troos is dat hulle heelwat veiliger is as die Hilux 2.4-diesel, Datsun 1200, Citi Golf en Kewer van jou studentejare.

Intreevlakmotors se pryse het die hemel ingeskiet. Die troos is dat hulle heelwat veiliger is as die  Hilux 2.4-diesel, Datsun 1200, Citi Golf en Kewer van jou studentejare. 

Kia Picanto 1.2 X-Line (handrat), R238 000

Die Picanto X-Line is nie Kia se teenvoeter vir die Suzuki Jimny 4x4 nie, maar bloot ’n gewone Picanto met ’n safari-houding. Die X-Line-spesifikasievlak vervang die Smart-vlak in die Picanto-reeks. Die nuweling is taamlik omvattend toegerus en sy voorkoms veel aantrekliker as die ander Picanto’s s’n.

Onder sy eienskappe tel stylvolle kunsleerbekleedsel, ’n nuwe 20 cm-kleurskerm wat nou met Apple CarPlay en Android Auto koppel, ’n trukamera met dinamiese riglyne, en doeltreffender hoofligte.

Kia beklemtoon dat 44% van die Picanto se bak uit gevorderde hoësterktestaal bestaan, wat lei tot groter veiligheid in botsings. Die Picanto X-Line bestuur en parkeer maklik, en ratskuiwe is sekuur, glad en moeitevry.

Bougehalte is uit die boonste rakke. Sy 15”-allooiwiele is ’n lus vir die oog, maar laat nie veel plek vir rubber tussen wiel en padoppervlak nie. Die prys vir styl is dus ’n stamperige rit. Iets wat dalk op lang reise gaan pla, is dat die petroltenk slegs 35 liter hou.

Gelukkig werk hy selfs suiniger met brandstof as sy teenstanders elders in dié artikel. Jy behoort 550 km uit ’n tenk te kry.

Die Picanto X-Line is ’n begeerlike ryding, maar diegene wat plaaspaaie gaan aandurf, moet liewer een met kleiner wiele en meer rubber kies, soos die 1.2 Street (R213 000).

Ford Figo Freestyle 1.5 Titanium (handrat), R274 600

Ford Figo Freestyle 1.5 Titanium

Moenie dat sy voorkoms jou flous nie: Die Freestyle is ’n gewone Figo-luikrug wat lyk of hy stapstewels dra. Sy penshoogte is dieselfde as die gewone luikrug s’n, maar hy lyk effens hoër, danksy relings vir ’n dakrak wat byvoorbeeld ’n bergfiets of branderplank kan vervoer.

Die Freestyle kry sy woema van dieselfde ywerige, maar brandstofdoeltreffende 1,5 liter-petrolenjin wat die gewone Figo aandryf. Hy maak dié Fordjie só lewendig dat jy sal droom van Alfa Romeo’s van die 1960’s en 1970’s, en motorsportflieks by die inryteater.

Met die Freestyle sou julle in gerief oor daardie deinings by die inry kon gly, en hy loop gerieflik op grondpaaie. Dat die bestuurder nie so hoog sit in die Figo Freestyle as in die Suzuki Vitara Brezza en Toyota Urban Cruiser nie, kniehalter hom moontlik in verbruikers se oë.

Hy klop hulle egter met bestuurplesier. Die Titanium-weergawe het ses lugsakke, parkeersensors en ’n kamera agter – buiten ’n spul ander geriefskenmerke.

Elektroniese stabiliteitsbeheer ontbreek egter. Met die Ford MyKey kan die eienaar van ’n Freestyle Titanium die motor se topsnelheid én die klankstelsel se maksimum volume programmeer.

Die Freestyle is ’n gawe kopie, maar die beste melkbaardveldryers in dié prysklas is steeds Mahindra se puik XUV300-reeks, wat van R255 000 tot R337 000 kos.

Nissan Magnite 1.0 Turbo Acenta Plus (handrat), R282 600

Nissan Magnite 1.0 Turbo Acenta Plus (handrat), R282 600

In dié besige marksegment lewer Nissan ’n waardevolle bydrae met die splinternuwe Magnite, al is hy ’n bietjie onafgerond. Dit is dalk omdat hy as ’n Datsun verwek is, en toe as Nissan in die lewe gekom het. Maar moet hom nie afskryf nie – hy het goeie kenmerke.

Hy’s omtrent so groot soos ’n Polo, Nissan Micra of Figo Freestyle, maar bied meer plek vir passasiers agter en ’n ruim bagasiebak. Verrigting is ook ’n hoogtepunt, ook omdat hy omtrent so swaar is soos drie bale wol.

Hy verskaf ’n soepel rit en vra nie baie petrol nie, en sy pens is hoër as die Ford Freestyle s’n. Nissan het Sinterklaas gespeel toe die Magnite vir toerusting aangetree het.

Elkeen in die reeks het ’n trukamera en parkeersensors, kantspieëls wat elektries platvou, Bluetooth, snelheidsbeheer, ’n kleurskerm vir inligting en vermaak (met uitstekende klankgehalte), skakelaars op die stuurwiel, banddrukmeters en stabiliteitsbeheer.

Daar’s egter net twee lugsakke. Daarteenoor het die Nissan Micra (vanaf R308 000) ses lugsakke en sy gehalte is in elke opsig beter. Bygesê, die Magnite het darem veel, veel beter in botsingstoetse gevaar as die origami-agtige Datsun Go.

Twee eienskappe van die Magnite verminder rygenot: ’n videospeletjie se stuur voel meer lewensgetrou as die Magnite s’n en die stuur wend geen poging aan om na neutraal terug te keer ná ’n draai nie.

Tweedens moet jy die koppelaar met chirurgiese noukeurigheid laat los, anders ruk die kar. Daar is ’n outomatiese Magnite vir R23 000 meer, wat in dié opsig meer aangenaam sal bestuur.

Honda Fit 1.5, R320 000–R470 000

Honda Fit 1.5, R320 000–R470 000

Wat gehalte en vindingrykheid betref, was die Honda Jazz (of Fit, in sommige lande) aanvanklik ’n sport of twee bo intreevlakmotors soos die Citi Golf of Fiat Uno.

Maar mettertyd het die Jazz se glans verdof. Veral die derdegeslag-Jazz, wat vanjaar uitgetree het, was bloot nog ’n louwarm, massaproduksie-karretjie. Nou is die vierde geslag hier, en Honda het besluit om sy naam ook hier na Fit te verander.

Dit is deels om te beklemtoon dat die nuweling die Jazz-Fit se glorie wil herstel. Maak die deur oop, gaan sit, en dadelik weet jy dit is ’n anderste perd dié. Die afwerking is pynlik netjies. Dit voel deftig. Die sitplekke is bedek met die stylvolste lap nóg in ’n kar.

Dit herinner aan ’n duur Skandinawiese leunstoel en is selfs smaakvoller as die leersitplekke in die duurder Fits. Dit is asof die Japannese netheid-ghoeroe Marie Kondo die Jazz beetgekry het en alles wat nie “vreugde laat vonk” nie, uitgesmyt het.

Daar’s outomatiese kegeltransmissie (CVT) vir die hele reeks. Pleks van analoog-instrumente met naalde is daar ’n reghoekige skerm agter die stuurwiel. Wanneer ’n slimfoon met navigasiefunksie gekoppel is, vertoon die skerm groot navigasiepyle.

Die Fit se uitblinker-eienskap is die verstommende hoeveelheid plek vir passasiers, bagasie en ander items, en hoe slim die kajuit uitgedink is. Selfs Langeraat kan met gemak agter sit.

Die agterste stoele (die Magic Seats) se sitvlakke kan opwip, sodat ’n mens groot kunswerke of platskerm-televisies daar kan inpak. Soos in die meeste luikrugmotors kan die rugleunings vorentoe kantel, maar die drempel is laag, wat dit maklik maak om swaar tasse in te laai.

Elke Fit, in die modelreeks van vier, het ses lugsakke, elektroniese stabiliteitsbeheer en wegtrekhulp vir steil hellings. Die duurste van die vier (R470 000) is ’n hibried, wat energie vir kort periodes in ’n battery opberg.

Dit verminder verbruik in stadsverkeer, maar die ekstra “elektriese enjin” en battery maak die kar omtrent 100 kg swaarder. Dit maak die rit stamperig.

Die hibried het wel noemenswaardige veiligheidseienskappe: Hy sal waarsku en rem as die bestuurder nie ’n gevaar voor hom of haar gewaar nie. Daarby kan hy homself terug na die middel van die baan stuur as die bestuurder dwaal.

Die beste koop in die reeks is waarskynlik die Fit Comfort, wat R320 000 kos

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.97
-1.1%
Rand - Pond
20.59
-0.7%
Rand - Euro
17.37
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.23
-1.0%
Rand - Jen
0.13
-1.4%
Goud
1,786.60
-0.4%
Silwer
23.95
-0.9%
Palladium
1,994.00
-1.0%
Platinum
1,019.50
-1.3%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
60,797
-0.2%
Alle aandele
67,494
-0.2%
Hulpbronne 10
63,048
-0.3%
Industriële 25
87,148
-0.1%
Finansiële 15
14,043
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Kom verdwaal in my oë
Ek is eerlik opreg en het n goeie sin vir humor. I am easy to talk to I'm independent. Ek is spontaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot