AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Suzuki bou uiteindelik ’n groter Jimny

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vyfdeur-Jimny. Foto: Verskaf
Die vyfdeur-Jimny. Foto: Verskaf
Jy roer nooit ’n potjie nie. En jy torring nie aan ’n voertuigwenresep nie. Met Jimny het Suzuki ’n wenner soos min.

Bestellings oorskry die aanbod en daar is hoë vlakke van tevredenheid tussen eienaars van die knap, maar klein 4x4. Rotsvaste gebruikte voertuigpryse is ’n bewys van die Jimny se gewildheid.

Maar Suzuki se klein kanniedood-veldwa het ook swak plekke. Vir Suid-Afrikaanse kopers, wat ver op teer moet reis op pad na daai veldrybestemming, kan die Jimny se kort as-afstand senuagtige bestuursterugvoer skep, veral in rukwinde. Daar is ook min ruimte binne die Jimny vir pakplek. Jy kan slegs saamneem wat jy werklik benodig omdat die laairuimte so knap is.

Suzuki’s se driedeur-Jimny is ’n uitstekende verkenningsvoertuig vir twee mense, maar nie vir vier nie. Gelukkig het Jimny se wêreldwye welslae Suzuki nie blind gemaak vir die voertuig se beperkings nie.

Ná maande se geterg en beweerde ontwikkelingsketse het Suzuki uiteindelik die vyfdeur-Jimny bekend gestel, in Indië. Hierdie nuwe Jimny is 300 mm langer as die driedeurweergawe en met groot vaardigheid het Suzuki se ontwerpspan die kostelike bakverhoudings behou, met die voordeel van twee bykomende passasiersdeure.

Benewens die langer voor-tot-agter-bufferafstand is die syfer wat werklik saak maak, ’n 406 mm groter as-afstand. Dit is waar die aanvullende beenruimte vandaan kom vir passasiers in die tweede ry sitplekke. Die groter as-afstand sal ook op grondpaaie en snelweë beter stabiliteit teen hoë snelhede verleen.

Baie meer ruimte vir kampgoed

Jy hoef ook nie jou gunsteling-kussing of -kampstoel by die huis te los met ’n vyfdeur Jimny nie, omdat daar ’n 138%-verbetering in pakplek is, met ’n 208 liter-bagasieruim. Die reuse-verbetering in pakplek is meestal te danke aan ’n 50 mm hoër daklyn.

Suzuki se beproefde 1,5 liter-petrolenjin is met 77 kW en 134 Nm wringkrag bietjie wakkerder as in die huidige driedeur-Jimny. Hoewel die vyfdeur-Jimny se enjin 2 kW en 4 Nm meer opwek, sal versnelling ietwat meer beskeie wees omdat die vyfdeur-Jimny 100 kg swaarder is as die driedeur.

Met ’n algehele lengte van net minder as 4 m sal die vyfdeur Jimny dit steeds verspotmaklik wees om te parkeer as jy Saterdagoggend die dorpsverkeer aandurf vir inkopies.

Maar hoe beïnvloed die groter as-afstand veldryvermoë?

Suzuki se groter Jimny het ’n aanvalshoek van 36 grade, ’n oorbrugginghoek van 24 grade en vertrekhoek van 50 grade. Die kleiner veldwa se aanvalshoek is een graad beter, met vier grade meer oorbrugginghoek en ’n graad minder vertrekhoek. Grondvrye hoogte is dieselfde vir albei weergawes teen 210 mm.

Aanhangers van klein veldryvoertuie kan die vyfdeur-Jimny later vanjaar plaaslik verwag. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.72
+0.7%
Rand - Pond
23.55
+0.5%
Rand - Euro
20.12
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,008.77
-0.1%
Palladium
1,322.69
-2.8%
Goud
1,960.83
-0.3%
Silwer
24.30
+0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Pilgrim of Life
IMPORTANT: Please note that although my address is Malmesbury, I live & work, untill at least end 2023, in the Limpopo Province. I do visit Cape Town once per month on...
Kom ons kyk
Want ek is een awesome persoon. lol Die see is waar ek wil wees. Ek kan n geselsie hou en hou daarvan om social te wees met vriende en familie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot