AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Tank 300 is GWM se winskoopveldvoertuig vir SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GMW se Tank 300. Foto: Verskaf
GMW se Tank 300. Foto: Verskaf
Suzuki se vyfdeur-Jimny gaan ’n reuse-treffer wees, maar hoe gemaak as jy meer pakplek en ruimte soek?

Of beter langpadtoervermoë, maar nie die plaas se lening wil rek vir ’n Fortuner of Land Cruiser 70-stasiewa nie?

Buiten ’n reeks hoogs suksesvolle bakkies en sportnutsvoertuie beoog GWM om vanjaar ook ’n meer geharde veldvoertuig aan Suid-Afrikaners te bied. GWM se Tank 300 het ’n treffende ontwerp, met ronde kopligte en ’n staalleerraam-onderstel vir geharde veldrytoestande.

Die Tank 300 is 35 mm korter as ’n Toyota Fortuner en het ’n voorkoms wat herinner aan ’n groter weergawe van Lada se Niva-reeks Russiese veldvoertuie.

Slim ontwerpdetails wys dat GWM se span begryp wat geharde veldrygeesdriftiges benodig. Die Tank 300 het reuse-plastiekwielboë wat baie ruimte skep vir wielbeweging oor strawwe veldryhindernisse. Hierdie wielboë bied eienaars ook die geleentheid om groter bande op die 17 duim-wiele te monteer as jy sagter ritgehalte op grondpaaie begeer – of meer lugvolume en loopoppervlak soek wanneer wiele afgeblaas moet word vir ry in die sand.

GWM se tegniese span het ook die Tank 300-noodwiel op die agterbak se swaaideur gemonteer, pleks van onder die voertuig, om toegang te vermaklik. As jy op warm Kalahari-rooiduinsand of op ’n rowwe gruispad moes lê om ’n noodwiel onder ’n voertuig uit te haal, sal jy die voordeel van daardie swaaideurmonteerpunt waardeer.

Geen dieselenjin nie

GWM bied nie ’n turbodiesel-enjin opsie met die Tank 300 nie, wat ’n teleurstelling is, omdat diesel steeds die brandstof van keuse vir Suid-Afrikaanse veldryvoertuie bly. Chinese vervaardigers is aangewese op petrolenjins en Tank 300 se turboaangedrewe 2 liter-viersilinder wek 167 kW en 389 Nm, wat wakker versnelling behoort te bied. Die enigste ratkaskeuse is ’n outomaties Duitse ZF-agtgang.

Verrigting? GWM roem daarop dat sy Tank 300 die 0-100 km/h versnellingstoets in 9,5 sekondes sal kafdraf, met brandstofverbruik van 9-10 liter/100km. In ons ervaring is die brandstofgebruik van Chinese enjins heelwat hoër as die vervaardigersyfers . . .

Is hierdie Chinese-veldvoertuig so bekwaam in strawwe toestande en oor rotsagtige roetes soos die voorkoms wil voorgee? Die Tank 300 het ’n grondvrye hoogte van 224 mm, en kan ’n waterhindernis wat 700 mm diep is, aandurf. Daar is ook ’n meer geharde Tank 300 met drie ewenaarslotte, 249 mm grondvrye hoogte en 900 mm-waterhindernis vermoë.

Buiten die voortreflike veldryvermoë behoort die Tank 300 ook uitstekende waarde te bied, soos GWM plaaslik bewys het met die P-Reeks-bakkies en Haval-sportnutsvoertuie. Daar is ’n selfparkeerfunksie, nege-luidsprekerklankstelsel, 12,3 duim-tikskermvermaakstelsel en alles werk netjies met jou slimfoon.

Iets wat die Tank 300 nie bied nie, is ’n derde ry sitplekke. Dit is een van die aspekte waar dié GWM-voertuig te kort skiet vergeleke met Toyota se Fortuner. Maar met ’n luukse binneruim, gehalte veldryvermoë en ’n treffende voorkoms kan GWM die markaandeel tussen die Jimny-vyfdeur en die Fortuner lag-lag verower. En soos GWM bewys het met die Haval, sal die Tank 300 na verwagting teen ’n baie billik prys later vanjaar plaaslik beskikbaar word.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot