Eerstens moet ’n mens weet dat die dubbelkajuitmodelle nou te koop is, maar dat jy nog ’n maand of wat vir die enkelkajuitbakkies en die SuperCab moet wag.
Volgens Ford sal die nuwe Ranger Raptor, met sy V6-dubbelturbo-petrolenjin (292 kW/583 Nm) en spesialisvering, eers in Februarie hier aankom. Ford Suid-Afrika sê hy het al meer as 1 800 bestellings ontvang.
Kopers wat hope wringkrag soek sonder die dorstigheid van ’n V6-petrolenjin, kan nou al agter die 3,0-V6-diesel se stuur inskuif. Sy enjin ontwikkel “net” 184 kW, maar sy maksimum wringkrag van 600 Nm oortref die Raptor s’n.