
Die gemiddelde prys vir die 46 bulle wat op die veiling aangebied is, was R122 000, wat goed vergelyk met 2019 se gemiddelde van R104 825. Vroulike stoetdiere is teen gemiddeld R47 547 verkoop (2019: R28 383). Kommersiële koeie (3-in-1) het gemiddeld R36 400 behaal (2019: R26 172). Kommersiële, dragtige verse is teen gemiddeld R19 138 verkoop (2019: 18 288) en kommersiële verse teen gemiddeld R12 783. Die afslaer was mnr. Johan van der Nest en die aanlyn veiling is via SwiftVee en CDP Afslaers gehou. Die veiling is wyd bygewoon met 224 geregistreerde kopers vergeleke met 164 in 2019. Foto: Verskaf