
Die bul FCK180055 (links/bo, nr16) is aan mnr. W.O. Odendaal van Varsfontein Beef, Vrede, verkoop.
Mnr. Dries de Klerk het puik teelmateriaal op sy produksieveiling op die plaas Strydfontein by Aliwal-Noord aangebied.
Die bulle was in ’n uitstekende kondisie en het maklik verkoop. Twee bulle is teen die hoogste prys van R115 000 elk verkoop. Beefmasterbulle het gemiddeld R67 727 behaal en Droughtmasterbulle gemiddeld R66 500. OVK het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. PM Swart