
Mnr. Danie en me. Anna van Litsenborgh van Burgersdorp het die duurste bul FCK16-0085 teen R64 000 gekoop.
Uitstekende Beefmasterbulle van die Ivukile-stoetery is op mnr. A.C. de Klerk se produksieveiling op die plaas Strydfontein, Aliwal-Noord, aangebied en opgeraap.
Bulle het gemiddeld R38 619 behaal, terwyl dragtige verse teen gemiddeld R15 666 verkoop is. Die afslaer was mnr. Jakkie Nel. OVK het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted