
By die ram is, van links, mnre. Johan Lombaard van Nedbank (borg), Willem Venter van Afgri (borg), me. Karla en mnr. Tjaart Steenekamp, mnre. Marius en Jan Eksteen, kopers, Henri Naudé van BKB, Steyn Steenekamp en Gert Jordaan, afslaer.
Uitstekende Dormerramme is op die produksieveiling van mnre. Steyn en Tjaart Steenekamp se stoetery Twee Broers op die plaas Lower Orpendale, Barkly-Oos, aangebied.
Die duurste ram is teen R20 000 verkoop. Stoetramme het gemiddeld R7 000 behaal en stoetooie gemiddeld R5 464. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted