
Van links is mnre. Piet Pelser, Jay-Jay Human en Eben van Wyk (almal van OVK), Janné en Faan Greyling (verkopers), Scott en Vincent Pike (afslaer)
Twee SA Vleismerino-ramme (2018 VAG en 2077 VAG) is teen die hoogste prys van R11 000 op die Greyling-stoetery van Dordrecht se produksieveiling in Bloemfontein verkoop.
Die kopers is mnre. Dirk Wessels van Excelsior en Jannie Scott van Winburg. Altesame 29 ramme is teen gemiddeld R8 112 verkoop. OVK van Ladybrand het die veiling aangebied.