
Van links is mnre. Koos Louw van OVK, Jan van der Walt van BKB, Blignaut, met klein Klara in sy arms, Koekemoer, Gert Jordaan, afslaer, en Gawie van Zyl van Twee Neefs Dohne Merino. Voor kniel mnre. Fly Ntetha en Steyn Steenekamp.
‘n Dohne-Merinoram is op die derde veiling van die stoetery Twee Neefs op die plaas Roosterhoek, Burgersdorp, teen die hoogste prys van R100 000 verkoop.
Mnre. Chris Blignaut en Pieter Koekemoer van Proline Farming & Trading, Lushof, Burgersdorp het die ram gekoop. Al 89 ramme is teen n gemiddeld R15 112 verkoop, terwyl 364 ooilammers gemiddeld R1 584 behaal het en 817 ooie gemiddeld R2 002. BKB het die veiling hanteer.